Wednesday, 12 March 2025

Lewensbed

 


Die dag sal kom wanneer my liggaam op 'n wit laken sal lê

wat netjies onder vier hoeke van 'n matras ingevou is,

in 'n hospitaal wat baie besig is met die lewendes en die dooies.

Op hierdie tydstip sal 'n dokter vasstel

dat my brein ophehou het om te funksioneer,

en dat my lewe so afgeloop het.

As dit gebeur,

moenie probeer om my kunsmatig met 'n masjien aan die lewe te hou nie.

En moenie dit my sterfbed noem nie.

Laat dit my lewensbed genoem word,

en laat my liggaan hiervandaan geneem word om ander mense voller lewens te gee:


Gee my oë

aan die man wat nie meer 'n sonsopkoms,

'n baba se gesiggie, of die liefde in 'n vrou se oe kan sien nie.

Gee my hart

aan iemand wie se hart hom niks anders as eindelose dae van pyn gegee het nie.

Gee my bloed

aan die tiener wat uit die wrakstukke van 'n motor gehaal is sodat hy kan lewe om sy kleinkders te sien speel.

Gee my niere

aan iemand wat op 'n masjien steun om van week tot week te bestaan.

Neem my bene, elke spier, elke weefsel en elke senuwee van my liggaam,

en vind 'n manier om 'n kreupel kind te laat loop.

Verken elke hoek van my brein, neem die selle indien nodig, en laat hulle groei sodat moontlik eendag 'n stom seun vir die klap van 'n kolf sal skreeu en 'n dowe meisie die geritsel van reën teen haar venster sal hoor.

Verbrand dit wat oorbly en strooi die as

in die wind om die blomme te help groei.

As jy iets moet begrawe,

begrawe my foute, my vooroordeel teen my medemens.

Gee my sondes aan die duiwel.

Gee my siel aan God.

As jy my wil onthou,

doen dit met 'n vriendelike woord of daad teenoor iemand wat dit nodig het.

As jy alles doen wat ek gevra het,

sal ek vir altyd lewe.

No comments:

Post a Comment